In Add my op die groep nooi Christie van Niekerk gehore uit om lekker te lag vir al die lawwigheid van die mensdom, met energieke storievertellings en opwindende perspektiewe. Sluit aan by die komediant op ’n reis waarin sy WhatsApp-groepe voorstel vir alledaagse, dog belangrike ervaringe: Van “My Yorkie klink weird” en “Sokkies vermis in wasgoed” tot “Waarom gym tieners met Crocs?” en “Is die Burnt-girls oukei?”. Sy skep ’n groepie, sodat ons daaroor kan praat.
MET Christie van Niekerk
TEKS EN REGIE Christie van Niekerk
MUSIEKREGIE Carla Niehaus
BELIGTINGSONTWERP EN VERHOOGBESTUURDER Ané Koegelenberg
VERVAARDIGER Didie Damzel Produksies
Afrikaans • Geen o.13 T, V • 60 min.
R130 (vooraf) • R110 (Vriende van die
KKNK) • R145 (by die deur)
Netwerk24-feeskafee
(Rembrandtsaal)
1 April 13:00 • 5 April 13:00 •
6 April 18:00