Albatros is die aangrypende verhaal van ’n pa en seun se soeke na versoening, en ook om vrede in hulself te vind. Tragiese gebeure veroorsaak dat ’n jong Benjamin alleen sy babaseun, Abel, grootmaak. Jare later ontwikkel Abel soortgelyke probleme as sy pa, en skielik word hulle gekonfronteer met die spoke van die verlede. Benjamin is besig om ’n boot te bou en probeer sy seun by die bouery betrek om sodoende tot hom deur te dring. Dis tragedie, dis komedie, dis al die dinge wat mans so sukkel om onderling gesê te kry.
MET Louw Venter en Ben Albertyn
TEKS Louw Venter
REGIE Tara Notcutt
STEL- EN BELIGTINGSONTWERP Wolf Britz
ASSISTENT-BELIGTINGSONTWERP Kieran Macgregor
KLANKONTWERP Wicus Louw
Afrikaans • Geen o.13 OB, T • 70 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die
KKNK) • R200 (by die deur)
ATKV-Griesselsaal
(Langenhovenweg)