Uit die baard van die boland is gebore ’n ondier. Vier jong mans het besluit om liewer saam geraas te maak. Die resultaat was katastrofies. ’n Harige blinkoog monster het wankelend oor die strate begin loop en saggies geskree. Benags het hy in skaduwees en die donker hoeke van feeste en Straatbyeenkomste geremoer. Die musiek was regte Afrikaans en dus eerlik rou. Dit was nie te sag nie, en nie te hard nie. Dit was die hartklop van ’n dier.
Ou Meulteater, Paarl
Saterdag, 22 Junie,
20h00
R60.00
