Wat maak jy as jou dominee-pa by jou studentewoonstel opdaag en sê jy moet saam met hom Beaufort-Wes toe ry omdat ’n Messias daar gesien is?
Natuurlik is dit net heeltemal way out buite die kwessie. Maar dan het jy pas met jou Golfie agter in ’n karretjie van die Jack and Jill Driving School vasgery en jou girlfriend kom skielik met die storie dat julle nie meer die naweek alleen Struisbaai toe kan gaan nie.
Daarom klim jy maar in jou pa se ou Merc in; luister na Radio Kansel en sy gemoun oor wat alles fout is met die land. Hy stem immers in dat julle soms jou Gert Vlok Nel-CD kan luister, en ten minste vibreer die selfoon in jou sak so af en toe met ’n SMS van jou girlfriend.
Maar so vinnig soos ’n ouerige Merc op die N1 cruise, raak dinge net geweldig complicated. Jy kom agter jou pa het ’n pistool in die cubbyhole, dat jou doodgoeie ma – predikantsvrou! – uithang met ’n vrou wat nie bra dra nie, jou girlfriend vir ’n ruk net wil wegkom van alles, veral van jou, en iemand bel jou pa op sy selfoon om te sê die Messias waarna julle op pad is, is ’n swart seun.

Maar Tintin in Tibet word op 30 Julie 2013 vrygestel.
♦♦♦
Maar Tintin in Tibet / deur Annelie Ferreira — Tafelberg, 30 Julie 2013 – 240p;. — sagteband. — ISBN 9780624063230 :
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Maar Tintin in Tibet, Annelie Ferreira

Goedemiddag ;
Ik heb dit artikel nog niet gelezen maar de titel zit mij dwars “Tintin in Tibet ” Onze stripfiguur heeft een nederlandstalige naam , namelijk Kuifje Of is het ook Tintin in het Afrikaans , zoals in het Frans ??
Beste groeten
Dit is wel Kuifie in Afrikaans. Hoekom die skrywer Tintin gebruik sal waarskynlik duidelik word in die boek.