Standard Bank Jazz Mainstream 2014

Die Standard Bank Jazz Fees 2014 bestaan uit verskeie genres, waarvan Mainstream seker die gewildste is. Die ander genres is Blues, Funk, World Music, Afro-Jazz, Modern Jazz en Youth.


Die kunstenaars op vanjaar se Mainstream lys dek al die sogenaamde “Jazz standards”. Die hooffiguur is sekerlik Grammy-wenner Maria Schneider, wat haar eerste buiging in Suid-Afrika maak by vanjaar se Nasionale Kunstefees. Sy het die kategorieë vir klassieke musiek by die Grammy-toekennings gedomineer vanjaar met haar album Winter Morning Walks. Sy is toonaangewer in moderne jazz. Sy gaan optree saam met ’n orkes wat saamgestel is uit Suid-Afrikaanse en Noorweegse musikante.

Suid-Afrika se groot name sluit in Sibongile Khumalo, Gloria Bosman, Tutu Puoane en Melanie Scholtz. Daar is ook Justin Bellairs en Marc de Kock en die Amerikaans gebore Mike Rossi wat saam met die bekende Amerikaner Gary Keller en sy landgenote Rich Syracuse en Jeff Siegel op die verhoog gaan wees. Siegel en Buddy Wells, Harmen Fraanje en Hein van de Geyn is saam met Bertil Strandberg van die Stokholm Jazzorkes in ’n uitvoering wat fokus op Strandberg se tromboon.

Griekeland se beste saksofoonspeler, Dimos Dimitriadis, is ook hier en hy sal optree saam met Suid-Afrika se Sydney Mavundla, Mageshen Naidoo, Shaun Johannes en Jonno Sweetman.

Maria Schneider
Maria Schneider
Daar is ook ’n nuwe plek om jazz te luister by die fees. Die Standard Bank Jazz & Blues Cafe is by St. Aidan’s met ’n vertoning elke aand vanaf 21h30.

Lewer kommentaar

Leave a Reply