Stem en Snaar is ‘n nuwe vertoning aangebied deur Johan Liebenberg, bekend vir sy puik vertolking van die legende Neil Diamond se tydlose liedjies, en die kitaar virtuoos, Mauritz Lotz wat bekendheid verwerf het vir sy ongelooflike kitaarspel.
Hierdie vertoning is vol musikale sterk punte met Johan se gunsteling liedjies van ander kunstenaars asook ‘n paar van sy eie liedere, soos Die Gebed, en Ek Wil Jou By My Hê. Saam met hulle op die verhoog is spesiale gas, klavier virtuoos Matthys Maree wat al vele diep spore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gelaat het.
Alle verwerkings is gedoen deur Mauritz Lotz. Met stemme, klavier en kitare en ’n paar instrumentele solos wat jou asem sal wegslaan, maak Stem En Snaar vir ’n onvergeetlike vertoning wat die hartsnare roer!
Sondag, 10 November 2024, Drostdy Teater, Stellenbosch