Dit is dieselfde skoolsaal, maar dis 40 jaar later. Ja, dis die 1980-matriekgroep se reünie soos beleef deur Petrus Boshoff, die verteller. Die voormalige matrieks word gekonfronteer met die spoke van die verlede en ‘n tragedie wat hulle 40 jaar gelede saam beleef het.

Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere kragte saamgesnoer in die skep van eenmanstukke: Dana met die pen en Frank op die verhoog.
Met Reünie is die sterk regisseurshand van De Klerk Oelofse bygevoeg. Verwag dieselfde fyn spot, deernis en ‘n tikkie nostalgie.

9, 10 & 12 NOV – R 220 – 021 979 1911/ 9 Nov- https://dieboer.com/event/Qgg/booking; 10 Nov- https://dieboer.com/event/x4X/booking; 12 Nov- https://dieboer.com/event/6zA/booking)

Frank Opperman 2024 foto Chris Gertsch
Frank Opperman, foto: Chris Gertsch

Lewer kommentaar

Leave a Reply