Dit is dieselfde skoolsaal, maar dis 40 jaar later. Ja, dis die 1980-matriekgroep se reünie soos beleef deur Petrus Boshoff, die verteller. Die voormalige matrieks word gekonfronteer met die spoke van die verlede en ‘n tragedie wat hulle 40 jaar gelede saam beleef het. Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere kragte saamgesnoer …
