Stem is ‘n program wat gaan oor die liefde. Liefde vir musiek. Liefde vir familie en vriende. Liefde vir die Lewe. Met so ‘n titseltjie drama … dis immers opera!

Zanne Stapelberg de Lange is een van ons mees geliefde en gevierde soprane. Wenner van die gesogte Standard Bank Jong Kunstenaar en Cosmopolitan Awesome Woman oekennings, word sy deur resensente bestempel as ‘n “nasionale skat”. Sy het al regoor die wêreld opgetree. Sy vertolk die hoofrolle in operas en operette soos, La Boheme, Die Towerfluit, Fledermaus, Carmen, Faust, Suor Angelica, Idomeneo, Falstaff en Don Giovanni. Die produksie Zoid, Zanne, Zolani het hierdie drie kunstenaars ‘n Woordfees-toekenning besorg en optredes met die Odeion-strykkwartet, ‘n Kanna en Fiesta toekenning. Vir haar album, Soul of Fire, ontvang sy ‘n SAMA-nominasie. In hierdie nuwe program sing Zanne opera arias, kabaret, liedere uit musiekblyspele en haar mees geliefde – passievolle Spaanse musiek! Hoogtepunte is Caruso, O mio babbino Caro, die Habanera uit Carmen, Besame Mucho en die hartstogtelike Amore uit die rolprent Cinema Paradiso. Sy word begelei deur die formidabele pianis, Elna van der Merwe.

By die Boer restaurant teater in Durbanville op Saterdag 2 Julie om 20:30 en Sondagmiddag 3 Julie om 14:00.

Kaartjies kos R180 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Zanne Stapelberg de Lange
Zanne Stapelberg de Lange, 2022

Lewer kommentaar

Leave a Reply