Stokoud en Splinternuut

David Kramer se Stokoud en Splinternuut is die viering van ‘n leeftyd van liedjieskryf. Hy is in sy vyfde dekade as kunstenaar, en dis nou ‘n geleentheid om hom te ervaar soos hy dit gedoen het toe hy die eerste keer in die folk-klubs in Leeds en Kaapstad begin sing het.

Hy tree op met kitaar en harmonika, vergesel deur Schalk Joubert op baskitaar. David verken ‘n paar van sy nuwe liedjies, sowel as sommige van sy repertoire wat hom die reputasie as een van die voorste sangers en liedjieskrywers in Suid-Afrika gemaak het.

Die Boer, Durbanville
1 & 2 Maart
20:30
3 Maart
14:00
R200
Bespreek: 021 979 1911 / 083 406 0111

Stokoud en Splinternuut, David Kramer
Stokoud en Splinternuut, David Kramer
Schalk Joubert & David Kramer
Schalk Joubert & David Kramer

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar