Hierdie is nou ‘n CD wat mens nie te veel jou mond oor wil uitspoel nie. Almal verdien om hom maagdelik aan te hoor, dis deel van sy charm. Jy word hier lekker met ‘n slapriem gevang – jy dog jy lag en jive nog, dan tjank jy oor jou pa se plaas sonder reën en Farieda wat dood lê. Die lirieke is bevonk, die banjo beats laat die koppe knik en wie het nou gedink die ouens van die advertensie kan so musiek maak. Ja boet!
Dis die Radio Kalahari Orkes met Stoom Radio.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
