Sokkies optrek …

(In reaksie op ‘n brief van Saartjie Botha.)

Hoe oortuig jy mense van die besondersheid van teater? Sodat goeie teater die aftrek kry wat dit verdien.

Hoogtepunte vir my die afgelope jaar was Mamma Medea (uit ‘n oorsese pen), Lusistrata (studente-produksie; oorsese pen) en Bloeiende Lente (studente-produksie; oorsese pen).

By die openingsaand van Oom Wanja by die Baxter vra iemand langs James Borthwick – wanneer verskyn daar ‘n Suid-Afrikaanse skrywer wat sulke standaard lewer? My antwoord – ek dink nie iemand sal die werk raaksien vir die kwaliteit wat dit is nie. By implikasie – dis dalk reeds gelewer.

Jy meen mens moet teater sien om self te kan skryf. Daar is uitsonderings. Ek kan myself herinner dat ek in werk was wat – indien reg geregisseer, eintlik onverklaarbaar goed werk.

Maar die reël is korrek. En diegene wat die kuns leer – kyk hulle teater? Ek wil myself verstout om te sê: ek sien baie meer gereeld studente op die verhoog as wat studente professionele spelers sien in professionele stukke. Nou is die kandidate met wie ek lekker sou wou gesels oor die produksies hierbo, en hoe hulle opweeg – as skryfwerk – teenoor bv Charles Fourie se Stander, ‘n yl oes.

Stander is ‘n 60 – 70 minute stuk, met ware teaterelemente – selfs dalk karakterontwikkeling. Sekerlik van die beste skryfwerk nog vir ‘n Afrikaanse verhoog. En daar is nog. Mens moenie stukke soos Lyf van Hennie van Greunen weggooi nie. Onlangs praat ek weer oor Dalk – met Pieter Brand en Ronel Kriel. Was dit briljante skryfwerk of net ‘n briljante produksie?

Een van jou eie produksies het ek op die lees af ook gaan kyk – Spanner?

Jy is sekerlik reg in jou veralgemening, maar daar is tekste wat kort van bakgat, net duskant sukses, net-net tekortskiet. En ons sal net weet wafferes was hulle, en of dit in die skrywe of in die res van die prosesse was waar hul tekortskiet, as mens dit bepraat en behandel. En sien, natuurlik.

(Stem jy saam? Is die teater(stukke) daar om by te woon? Ontroer teater jou nog? Wanneer laas was jy geroer, vermaak, geraak of sommer de duiwel in na ‘n teaterstuk. Reageer met hierdie vorm of roer dit aan in die Kultuurhuis forum.)

Lees ook Mari Borstlap.

bydrae: Albert Maritz

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar