Hierdie spesiale aanbieding is ‘n hoogtepunt op die Suidoosterfees se program.
Al die wenkore van die ATKV/Rapport-Harmonie-koorkompetisie tree saam op in dié glansryke afsluitingskonsert. Die ATKV Muziqa nto -wenners sal die kollig met die kore deel.
Die konsert dien ook as die amptelike geleentheid vir die oorhandiging van feestoekennings.
Met Noluvuyiso Mpofu (Sopraan), Johannes Slabbert (Bariton) en die wenners van die ATKV/RAPPORT-Harmonie-koorkompetisie
Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R80
Plek: Kunstekaap Operahuis, Kaapstad
Datum: Sondag 1 Mei 20:00-21:00
ATKV-koorgala / Afsluitingskonsert,
Roekeloos,
17 April 2016.
