Pietman Geldenhuys en Anna Davel se paaie kruis al vir jare. Op verhoë waar klomp kunstenaars saam musiek maak, langs ‘n kuiervuur tydens ‘n feestelikheid, by troues van vriende, begrafnisse van musieklegendes en toekenningsgeleenthede waar hulle glase klink op wenners en verloorders en op die lewe. 

Pietman het eens op ‘n tyd sy brood verdien as ‘n trekkerdrywer, verkoopsman, kelner en straatmusikant. Anna was ook ‘n kelner, het gewerk as ‘n kolligoperateur, verhoogbestuurder, eiendomsagent en was ‘n soldoedie vir 2 jaar.  Dit skep die agtergrond vir baie interessante afdraaipaaie. 

Dis tyd om die kampstoele uit te pak, ‘n vuurtjie te maak en die twee saam te gooi in ‘n heerlike mengelmoes van songs en stories oor ‘the road less travelled”.  Die gehoor kan uitsien na Davel en Geldenhuys se oorspronklike Afrikaanse musiek, asook meer bekende musiek oor vêr plekke van o.a. John Denver, Billy Joel en The Fureys.

Op 13 en 14 Februarie (Valentynsdag) by Die Boer teater restaurant in Durbanville om 20h30.

Kaartjies kos R230 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Swerwersongs - met Pietman geldenhuys en Anna Davel
Swerwersongs – met Pietman geldenhuys en Anna Davel

Lewer kommentaar

Leave a Reply