Table Mountain Blues Summit vier 10de jaar


Suid-Afrika se mees gewilde Blues Musiekfees, Table Mountain Blues Summit (TMBS), keer terug na Hillcrest Quarry in Durbanville om sy 10de verjaarsdag op Saterdag 5 Desember 2015 te vier. Twaalf van die land se top Blues kunstenaars gaan by die geleentheid optree.

TMBS organiseerder Mike Combrinck sê dat hy gedink het aan die konsep van die van ‘n Blues Fees in Kaapstad gedink het nadat hy ‘n ‘Jazz & Blues’ sessie by Steak en Ale in Pretoria in 2005 bygewoon het. Hy sê: “Goeie Blues shows was relatief moeilik om te vind in Suid-Afrika op daardie stadium. Ons het toe in 2006, die eerste Tafelberg Blues Summit gehou by Tafelberg Tavern in Kaapstad.”

In 2007 het Richard Pryor as ‘n vennoot aan boord gekom en ons het hierdie klein fees oor die afgelope paar jaar laat groei. Richard het ‘n groot rol gespeel in die ontwikkeling van die Blues Summit, maar hy het nou as gevolg van ander verantwoordelikhede uitgetree as een van die organiseerders. Die Summit het oor die laaste paar jaar ook meer rock en volksmusiek aangebied, maar Mike en sy vriend Mike Crawford van Hillcrest Quarry, wat nou ook aan boord is, het besluit om die Summit so na aan sy oorspronklike Blues wortels te hou vir die 10 Jaar Verjaardagviering.

TMBS 2015 bied 12 van die grootste Suid Afrikaans Blues kunstenaars aan en sal `n ononderbroke 13 uur blues partytjie wees van uiterste proporsies! Deure maak 10h00 oop – eerste band sal 11h00 optree.

Kaartjies R195.00 by Computicket. Kaartjies kan ook by Hillcrest Quarry gekoop word. Gratis toegang vir kinders onder 12 jaar.

Met: Albert Frost Trio, The Black Cat Bones, Gerald Clark, Guy Collins Band, The Boulevard Blues Band, Aidan Martin Trio, Jonathan Peyper Band, Frank Freeman, The Studebakers, Wayne Pauli Trio, Basson Laubscher & The Violent Free Peace & Bandeleros

Albert Frost
Albert Frost

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar