Die grootskaalse Theuns Jordaan Tribute-Konsert wat vroeër vanjaar op Loftus Versfeld aangebied was, het die room van Suid-Afrika se kunstenaars voor ‘n skare van meer as 20 000 toeskouers byeengebring, om in ‘n wêreldklas produksie hulde te bring aan die ikoniese Theuns Jordaan.

Na ‘n vloedgolf van versoeke aan die organiseerders, is daar nou goeie nuus vir Kapenaars: Die Theuns Jordaan Tribute-Konsert word vroeg in 2024, op Saterdag 6 Januarie vanaf 19h00 by DHL Stadion in Kaapstad aangebied.

Die veertien top Afrikaanse kunstenaars wat by die Pretoria konsert opgetree het, sal ook in Kaapstad op die verhoog wees om Theuns se liedjies te laat herleef in ‘n uitnemende grootskaalse produksie.  Konsertgangers kan uitsien na vertonings deur Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Ray Dylan, Dozi, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Jay du Plessis, Bok van Blerk, Danny Smoke, Liezel Pieters, Lianie May en Jacques du Plessis.

Die Theuns Jordaan Tribute se konsertorganiseerder, Sonett de Villiers, sê: “Die Loftus-konsert was ‘n groot viering van Theuns se lewe en musiek. Die konsert het almal se verwagtinge oortref. Ons sien uit om dit met net soveel passie by die DHL Stadion aan te bied.”

Die Theuns Jordaan Tribute laat Theuns se liedjies herleef in ‘n reuse produksie wat deur gesoute vervaardigers Deedee Oosthuizen en Floors Oosthuizen behartig word, in samewerking met Theuns se jarelange vriend Jacques du Plessis.

Hier is die program:

1. Blou Trein – Dozi

2. Net voor die storm kom – Steve Hofmeyr

3. Honger Hart – Bok van Blerk

4. Beautiful in Beaufort Wes – Ricus Nel

5. Bitterbessie Dagbreek – Karlien van Jaarsveld

6. Hanne – Bobby van Jaarsveld

7. Waar was jy – Jacques du Plessis

8. Tjailatyd – Ray Dylan

9. Roeper – Jay

10. Loslappie – Kurt Darren

11. Skipskop – Juanita du Plessis

12. Jaloersbokkie – Lianie May

13. Namibsroos – Bok van Blerk

14. Gesiggie – Steve Hofmeyr

15. Bietjie van My – Jacques du Plessis

16. Moenie – Ricus Nel en Jacques du Plessis

17. Deur die Winters – Ricus Nel

18. Skaakspel – Liezel Pieters

19. Ek roep jou naam – Lianie May & Liezel Pieters

20. Wie se kind is jy – Dozi

21. Vreemde Stad – Bobby van Jaarsveld

22. Hartseer vir die Reën – Karlien van Jaarsveld

23. Op soek na jou – Kurt Darren

24. Jou Asem – Danny Smoke

25. Sal jy bly – Ray Dylan

26. By jou – Jay

27. Hart vol drome / Bring jou Hart – Juanita du Plessis

28. Koos du Plessis Medley 

29. Poets Medley – I Still haven’t Found/ Tougher than the Rest / Go your own Way

30. Laslappie Medley

31. Soos Bloed –WIE DINK JULLE?

Moet dit nie misloop nie! Die grootste Afrikaanse konsert wat Kaapstad in`n lang tyd beleef het!

Hekke maak 16h00 oop en die konsert begin 19h00.

Kry jou kaartjies by https://itickets.co.za/events/474125

Lewer kommentaar

Leave a Reply