Kieslys

Close


*/

12 Oktober
2017
Musiek
71 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Triomfantlike fluitspeler keer terug na wedstrydarena

‘n Vorige semi-finalis en kategorie-pryswenner van die Nasionale Jeugmusiekkompetisie, Myles Roberts, keer die week triomfantlik terug na die 2017-kompetisie as die gaskunstenaar by die finaliste galakonsert. Die geleentheid vind Saterdag 14 Oktober by die Hugo Lambrechts-Ouditorium in Parow, Kaapstad plaas.

Saterdag se uitvoering is ook ‘n tuiskoms na die plek waar die talentvolle fluitspeler met fluitlesse begin het. Myles het in 2011 in die eindronde van die kompetisie gespeel, waar hy as die wenner van die blaasinstrumente kategorie aangewys is.

Dié Saterdag (14 Oktober 2017) sal hy die Carmen Fantasie vir Fluit en Orkes, deur F Bourne speel. Resident-dirigent van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, Brandon Philips, is op die podium.

Ná Myles sy meestersmusiekgraad in fluituitvoerings by die Stellenbosch Konservatorium verwerf het, voltooi hy in 2017 sy verdere studie aan die Civica Scuola de Musica in Milaan onder die leiding van maestro Maestro Raffaele Trevisani.

Hy was onlangs deel van ‘n slypskool vir ‘n nuwe stuk deur Philip Miller en William Kentridge en sal sy oorsese studies met gereelde besoeke aan Suid-Afrika kombineer.

Vanjaar is 21 jong klassieke musici tussen die ouderdomme van 14 en 19 jaar gekeur om aan die kompetisie, nou in sy 33ste jaar, deel te neem.

Die wedstryd het Dinsdag 10 Oktober by die Hugo Lambrechts-Ouditorium afgeskop. Al die deelnemers speel in die eerste twee rondes, waarna 12 gekies word om in die derde ronde te speel. Die ses finaliste word Donderdagaand 12 Oktober aangekondig. Toegang is gratis vir die eerste drie rondes.

“Hierdie is die derde grootste musiekkompetisie vir klassieke musici in Suid-Afrika met meer as R145 000 se prysgeld op die spel. Die algehele wenner kry vanjaar ten minste R30 000 kontant en ‘n goue medalje,” sê Michael Maas, stigter en voorsitter van die Nasionale Jeugmusiekstigting (NJMS).

Oor die afgelope drie dekades het die wedstryd voorste musici soos Pieter Schoeman (leier van die Londense Filharmoniese Orkes), Jeffrey Armstrong (voormalige leier van die Kaapstadse Filharmoniese Jeugorkes), Sakhile Humbane (student aan die SA Musiekkollege, Universiteit van Kaapstad) en Eben Wagenstroom (studeer tans in Cincinnati, VSA), om maar ‘n paar te noem, opgelewer.

Die finaliste galakonsert op 14 Oktober begin om 19:00. Kaartjies kos R120, R90 vir pensioentrekkers, student en leerders. Besprekings kan gedoen word by Computicket 0861 915 8000, Shoprite en Checkers-winkels, of aanlyn by www.computicket.com.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Musiek
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Musiek
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Musiek
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Musiek
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
15 November 2005
Musiek
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.

Onlangse kommentaar

liza
2017-10-16 14:58:48
dit is asemrowend baie dank jy jou hart met ons deel. oneindig dankbaar om hieraan deel te kan he...
Gedigte van Emsa Haasbroek | Roekeloos
2017-10-13 08:09:43
[…] Digters […]...
Ryk Hattingh oorlede | Roekeloos
2017-10-10 14:56:38
[…] (Onlangs: Ryk Hattingh lees voor uit Huilboek) […]...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.