Kersfees kom vanjaar weer vroeg, aangesien Tulbagh sy winterjas in Juniemaand aantrek en die res van die land verwelkom om by hulle aan te sluit vir ’n knus-warm winter naweek.
Besoekers kan deur die kuns, kunsvlyt, kunsgalerye en oulike winkeltjies wandel. Tussendeur stop jy vir kaas- en olyfproeë of sluit aan by wynmakers proeë en keldertoere.
Ingeval jy die kleingoed saamvat: daar is ’n springkasteel, gesigverf, ponieritte en trekker-uitstappies.
‘n Skilderagtige trekkerrit teen die historiese Oudekloofpas het interessante stilhouplekke langs die pad, ‘n skilderagtige uitstappie te perd of ‘n Zipslide-avontuur is ander opsies.
Die naweek bied groot houtvure, glinsterende Kersbome, warm middagetes en tradisionele Kersfeeskos en -aandetes by plaaslike restaurante en koffiewinkels.
Die Winterland Blues Festival het ook ’n gunsteling deel van die fees geword en is by The Bike Forge. Vanjaar word daar ook ’n musiekgeleentheid gehou by die Reflections Gasteplaas.
24 & 25 Junie 2023 in Tulbagh.

