Ons almal laat een of ander tyd êrens ’n spoor.

Ons trap en laat spore, ontspoor soms en ander kere is ons sommer net spoorloos.

Richard van der Westhuizen en Steffie le Roux vertel met eenvoud en eerlikheid hulle stories en laat ’n merkwaardige spoor deur die gehoor op reis te neem met hulle ongelooflike musiek en saamwees.

In hulle kreatiewe samestelling kan uitgesien word na liedjies soos: Wag nog ’n bietjie, Hier waar jy hoort, Tweemantent, Tussen treine en Dans in die reën. ’n Onverwagse mooi weergawe van die Briels se Trein na Pretoria sal die gehoor se asem wegslaan.

Met: Richard van der Westhuizen, Steffie le Roux, Andrew Roos (klavier), Mariette Galjaard (kitaar), Izelle Claassen (viool)

Tweespoor – Richard van der Westhuizen en Steffie le Roux
Genre: Kontemporêre musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R120
Plek: Roots Intieme Teater, Potchefstroom
Datum: 3 Okt 17:00 4 Okt 11:00 5 Okt 17:00

Aardklop 2018



Tweespoor – Richard van der Westhuizen en Steffie le Roux


Tweespoor – Richard van der Westhuizen en Steffie le Roux


2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar