Sonja Herholdt besoek Die Boer teater in Durbanville met haar solo-vertoning Tydloos.
Sy neem die gehoor op ‘n nostalgiese reis na die goue oues van die “sonjare” met ’n produksie wat bestaan uit haar bekende en ander immergroen liedjies, staaltjies en voorlesings. Sonja maak gebruik van agtergrondmusiek en klavierbegeleiding wat vir ‘n unieke luister- ervaring sorg. Die aanslag is nostalgies en intiem, maar ook met baie humor en hart wat veral byval sal vind by ’n ouer gehoor wat die dae van Springbokradio onthou.
By Die Boer teater in Durbanville op 17 Feb om 20:30
Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

