Twee prostitute, een oud, een jonk en onervare. Dis Tillie se eerste nag. Mathilda, die ou prostituut, ontferm haar oor die weerlose meisie van die platteland. Die twee vroue se stories word die universele stem van vroue in alle situasies. Met ’n goeie skeut humor, satire, tragedie en rou eerlikheid, bied die produksie ’n blik op die lewens van vroue waarop die samelewing dikwels neerkyk en ’n oordeel fel. Die storie word verweef met verwerkings en musiek deur Coenraad Rall.

MET Amanda Strydom, Je-ani Swiegelaar en Coenraad Rall (klavier) TEKS Amanda Strydom, Je-ani Swiegelaar en Christo Davids REGIE Amanda Strydom en Christo Davids MUSIEKREGIE Coenraad Rall MUSIEK Amanda Strydom en Coenraad Rall VERVAARDIGER Amanda Strydom

Afrikaans en Engels
Geen o. 16 T, S
65 min.

Absa Burgersentrum, Oudtshoorn

DATUM(S)
30 Maart 2026, 11:00
31 Maart 2026, 11:00

Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar: Tillie/Mathilda
Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar: Tillie/Mathilda

Lewer kommentaar

Leave a Reply