SWELLENDAM – Dis amptelik: op 26 Februarie trek Swellendam haar beste vellies, blinkste hoefysters en mees fotogeniese vee aan om 194 jaar se landbou glorie te vier. Dis ouer as meeste politieke beloftes, meer betroubaar as WiFi, en steeds in beter kondisie as ’n Shoprite tamatie.
Hier pronk die fynste diere met ’n selfvertroue wat sê: “Ek is nie net ’n bees nie, ek is ’n leefstyl.” Terselfdertyd bruis die skouterrein met ’n atmosfeer waar kos drup, stalletjies lok, musiek speel en volwassenes hulself oortuig dat die mallemeule net vir die kinders is.
Dit alles gebeur by die Swellendam Skouterrein in Stationstraat, waar tradisie, stof, vermaak en ’n tikkie waansin gaan hande vat.

