In dié musiekvertoning neem die pianis, sanger en storieverteller Christof Berg die gehoor op reis – van ’n mistieke soutplaas in die Vrystaat tot die boheemse kunstenaarsgemeenskap in die Kaap. Musiek lei hom na vele eksotiese lande, vasbeslote om die onbereikbare te vind.
Die vertoning is ’n kombinasie van oorspronklike musiek en ook bekende treffers uit die pen van kunstenaars
soos Amanda Strydom, Koos Kombuis en Billy Joel.
Tydsduur: 80 minute
Geen ouderdomsperk

3 AUGUSTUS
MUNISIPALE OUDITORIUM, Hermanus
19h00 • R190

Kalfiefees 2024

Lewer kommentaar

Leave a Reply