Chris Chameleon bied aan op DVD: sy briljante album Ek Herhaal Jou, asook enkele nuwe komposisies en ‘n aantal BOO! gunstelinge. Opgeneem by die Boer Restaurant in Durbanville, Kaapstad, met tegniese versorging (soos o.a. beligting, kamerawerk, ens.) van die hoogste gehalte. Die DVD sluit ook die musiekvideo’s van “Die Onverkrygbare” en “As Jy Slaap” in.

