Die Heuwels Fantasties stel die Volume album met hulp van hul vriende Early B, Coenie De Villiers en Refentse bekend.
Pierre Greeff sê: “Kan nie wag om saam met ons tjommies weer iets in Pretoria te doen op ‘n skaal wat ons nie kon in 500 dae nie. Volume by die Fort om Volume die wêreld in te stuur! “
Program:
10:00 Hekke Maak Oop
11:00 Boek Klub
12:15 Refentse
13:30 Coenie de Villiers
14:45 Early B
16:00 Die Heuwels Fantasties
Pak ‘n piekniek mantjie en kom kuier saam, julle is welkom om ‘n sambreel, kampstoel of kombers te bring. Geen eie alkohol, daar is ‘n kroeg en kosstalletjies op die perseel.”
Sondag 31 Oktober 2021 by Fort Schanskop by die Voortrekker Monument.
Kaartjies en meer inligting: http://www.bydiefort.co.za
