#VSKunstefees Elvis Blue – Horison

Die woord “horison” spreek van die toekoms en hoop, van dit waarna ‘n mens streef, en dit wat altyd net buite bereik lê.

Dit is waar elke dag gebore word en elke dag sterf. Soms is dit ’n vae gedagte en ander kere ’n duidelike eindstreep, maar dit spreek altyd van die mens se hunkering.

Met stories en musiek neem Elvis Blue die gehoor op ’n reis na die horison van die hart.

Met: Elvis Blue
Teks/Regie: Deon Opperman

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R150
Plek: Kovsiekerk, Bloemfontein
Datum: 18 Julie

Vrystaat Kunstefees 2015

Elvis Blue – Horison,
Roekeloos,
18 Julie 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply