Wicus van der Merwe – Al sy Hiets

Wicus van der Merwe is 5 Oktober by Die Boer in Durbanville.

Hy is op toer met sy nuwe dubbel-album Al my Hiets!. Dié dubbelabum bevat 34 treffers met daarby ingesluit vyf splinternuwe snitte: “Sê net vir my”, “Da King”, “My perd, my brak en ek”,
“Opskop”, die kenwysie van Wicus se TV-program op kykNET, en ‘n satiriese
kykie na die Afrikaanse musiekbedryf in 2011 op die snit “Waatlemoen”.

Dié snitte is verwerk en opgeneem deur Sean Butler met aanvullende programmering deur Tertius Jacobs. Juan “Floors” Oosthuizen tokkel die kitare op die nuwe snitte.

Kaartjies kos R110 en kan bespreek word by 021 979 1911 of 083 406 0111.

Koop / Buy Al my Hiets! >>

Wicus van der Merwe
Wicus van der Merwe

Lewer kommentaar

Leave a Reply