Winternag – Emile Minnie met Stadskoor Tygerberg

Bekende liedjieskrywer en musikant, Emile Minnie, tree saam met die Stadskoor Tygerberg in ‘n tweede uitvoering van “Winternag” op. Die laaste optrede in die Dorpstraatteater in Stellenbosch was uitverkoop!


Die program is spesiaal saamgestel om by hierdie tyd van die jaar met die langer nagte en korter dae te pas en het verskeie weerstukke, beide in atmosfeer en met die weer as metafoor vir die liefde, as tema.

Die Stadskoor, onder leiding van Linda Claassen, sal die program met “Kaapse Reën”, “Jys man alleen op ‘n Saterdagaand” en “Wat kan ek vir jou gee?” open. Woord en musiek is ewe belangrik in al hierdie werke en die koor wat meestal vir swaarder klassiek werke bekend is, is in ‘n ligte, romantiese luim.

Die vertoning deur Emile sluit splinternuwe Afrikaanse liedjies in en word met sy kenmerkende humor, energie en styl aangebied. Hy sal ook gunstelinge uit sy vorige albums, sowel as Franse liefdesliedjies van sy album “Chanson”, doen.

Ou Meulteater, Paarl

Emile Minnie
Emile Minnie

Vrydag, 16 Augustus
20h00
R80.00

Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za .

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar