Die goëlaar

Dis die vroeë 1900’s. Die naoorlogse pyn, smart en verlies lê nog vlak in die gemoed. Mense soek desperaat na heling. Sommige het ’n behoefte om ’n laaste keer met afgestorwe geliefdes te kommunikeer. Kan hulle kontak maak met “die ander kant” – ’n geleentheid kry om te groet?

Daniël kan hulle help – hy praat met die afgestorwenes. Oftewel, dit is wat hy hulle laat glo, maar eintlik is dit oëverblindery. Of so het Daniël geglo …

’n Magiese verhaal vol truuks en illusies met kulkunstenaar en akteur Geon Nel as Daniël.

Vervaardiger: TEATERteater
Regie: Hugo Theart

* Première *

Aardklop 2103

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: OB
Plek: Heimatsaal, Potchefstroom
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R90
24 Sept. – 20:00, 25 Sept. – 20:00, 26 Sept. – 09:00, 27 Sept. – 12:30, 28 Sept. – 12:00

Lewer kommentaar

Leave a Reply