Abel Kraamsaal het heelwat aandag getrek met sy eerste CD, Woorde op ‘n wynboks.
Die “Sultan van Swing” is terug en hy vra Wonder jy ook soms? Maar voordat jy die minoras gaan uithaal – hierdie CD is ‘n dancer en one hellofa lover, baby.
Die album bestaan uit 13 snitte waarvan 12 splinternuut is. Kaalgat In die reën is heropgeneem met die kitaarguru Robert Mitchley en Lucinda Strydom op backing vocals.
‘n Melodiese weerluister-album met ‘n verfrissende afwesigheid van die groot Wroeg. As Abel in jou buurt draai, moet jy die kans aangryp om ‘n show van hom in te neem: die seun rock!
