#Woordfees Jak de Priester – Bo blink

Jak de Priester se splinternuwe vertoning is belaai met humor, nostalgie, trane en trots.

Sewe nuwe komposisies, twee ou treffers, twee nommers wat nooit op radio gespeel sal word nie, ’n nuwe temalied, ’n alternatiewe sportliedjie en ’n ballade wat groot impak maak by sy onlangse konserte – “Boervrou”.

En dan is daar ook nog “Bo blink” om na uit te sien.

Met: Jak de Priester en Altus Muller

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: R120 | R140 by die deur
Plek: Laer as laag, Stellenbosch
Datum: 8 Maart 18:00, 9 Maart 14:30

Woordfees 2016

Jak de Priester – Bo blink,
Roekeloos,
21 Februarie 2016.

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar