10 Wenke vir Rose

Om rose te plant is glad nie ingewikkeld nie, solank jy noukeurig sal let op die volgende wenke:

Vra by jou kwekery vir die beste rose vir jou omgewing en klimaat. Indien dit jou eerste rose is moet jy die kies wat peste en plae goed kan weerstaan.

Rose hou van son in die oggend. Hulle area moet ook ten minste ses ure son kry per dag. In baie warm gebiede moet jy liefs direkte sonlig vermy.

Die grond moet goed dreineer. Die suur in die grond moet sowat 5.5 tot 7 wees.

Organiese materiaal soos kompos is baie voordelig vir jou rose. Hulle hou ook van ‘n bietjie kalk.

Die eerste twee tot drie weke nadat hulle geplant is moet rose gereeld water kry. Gee water sodra die grond droog lyk.

Vier weke na die rose geplant is kan jy die beddings elke twee weke deurweek. Doen dit in die oggend.

Begin met bemesting drie maande na aanplanting.

Die beste resultate word verkry deur in die lente te plant.

Rose hou ook van ‘n plekkie waar die lug lekker sirkuleer.

Die gat waarin jy die roos plant moet twee keer groter wees as wat benodig word.

skrywer: Kathy Burns-Millyard

Oor die skrywer:

Die artikel kom met vergunning van Garden-Source.com.

© 2004, Kathy Burns-Millyard en Garden-Source.com

Sluit aan by die Gesprek

6 Kommentare

  1. Probeer Milky Spore of Neem-Away. Beide is natuurlik en sal nie die goeie insekte affekteer nie. Milky Spore neem 'n tydjie voor dit werk, maar dit hou lank aan.

  2. Ek is dringend opsoek na boereraad vir Besies. Hulle eet my roosbome heeltemal op. Is daar nie 'n boereraad wat die goed van my bome kan afhou nie.

  3. Goeie dag

    Ek wil my eie rose plant van saadjies maar almal sê ek moet onthou om dit te ent sodat dit mooi groot blomme vorm maar ek het geen idee hoe nie kan julle my help

  4. More
    Ek het 'n groot bestaande roosbedding met ongeveer 20 baie ou en stokkerige roosbome in. Kan ek almal uithaal en die bedding llat rus tot lente en dan uwe roosbome in dieselfde bedding plant? Lize Kroonstad Vrystaat

Lewer kommentaar

Leave a Reply