Zantedeschia
Die aronskelk in sy verskeidenheid van kleure kan oral oor Suid-Afrika gesien word in die lente en somer.
Dit is ‘n goeie snyblom wat baie lank in water hou. Moet dit asseblief nie langs die pad pluk nie. Kry joune by ‘n kwekery.
Die plante verkies ‘n klam omgewing en ‘n sonnige staanplek.
Jy kry varkore in ‘n verskeidenheid van kleure wat wissel van skakerings van wit, geel, pienk en rooi.
Dit is ‘n mooi potplant. Gebruik goeie tuingrond in jou pot en gee gereeld water.
(foto Derek Ramsey Die foto is van Zantedeschia rehmannii, die rooi-aronskelk.)


Is die Varkoor en die Aronskelk dieselfde plant?
Ek soek n manier op varkore te kweek en ander kleur te maak kan julle my dalk help met inligting. Baie Dankie. Lena Smith email by lenahendrik@live.com
Een van my beddings met varkore het heeltemal gevrek. Die blare het begin geel word, en indien dit afgesny word is die nuwe blaartjies wat uitkom is die een kant reeds geel en word bruin van die kante af.
Ek het al Sipermetrien en ander gifstowwe probeer, maar niks help nie.
Antwoord my asseblief per epos indien u inligting kan verskaf in die verband. Ek wil graag weet wat dit kan wees, en hoe ek dit kan behandel.
Baie dankie. Jacoba Saaiman
cjsaaiman@absamail.co.za
Kan jy my asb help by watter kwekery of blomplaas kan ek 'n groot verskeidenheid kleure varkore kry vir 'n troue as snyblomme in Des
email aders is helene_snyders@yahoo.co.uk
Gaan die swart/pers varkoor se blomme en blare dood na dit geblom het en indien wel, hoe hanteer jy die bolletjies vir die volgende seisoen.
Hoe kan ek geel varkoorbolle plant en met watter kunsmis kan dit behandel word vir goeie blomme. Ek het baie bolle maar die plante wil nooit blom nie.
Goeie dag
Ek het n pienk varkoor wat nou besig is om te blom maar wat ek ondervind is dat die blare baie hoer is as die blom sodra hy wil blom dan word
Die stingel van die blom net omtrent so 10cm lank en dan begin dit te blom is daar enige iets wat ek vir die plant moet gee sodat sy blom langer word
As die blare.
Groete
Ek sou raai dat alle varkore dieselfde behandeling moet kry, maak nie saak wat die kleur nie. Ek los my bolle net daar in die grond.
Indien jou varkblom nie blomme maak nie is dit gewoonlik omdat dit te min lig kry. Dan kry mens ook "blinde" bolle wat net eenvoudig nooit gaan blom nie.
Hallo Jacoba
Ek sit nou hier op die internet en soek na antwoorde vir dieselfde probleem met my varkore en my hart is stukkend daaroor. Het iemand dalk al vir jou raad gegee in die verband.
Sal so graag van jou wil hoor.
Elize Odendaal
elize_odendaal@vodamail.co.za
Wil net seker maak dat julle weet varkblomme is bolplante wat van nature 'n sekere tyd van die jaar vrek en dan weer later opkom.
Jacoba as jy raad hiervoor kry laat my asb. weet ek sit met dieselfde probleem. Chrissie chrissie.vanniekerk@everitt.co.za
Kan jy ons help en sê waar ons dit kan kry vir n troue asb.
Ek bespuit met JEYES FLUID en my blomme is tot 2 meter hooh
Ek het 'n swart varkoor as geskenk gekry. Woon in Potchefstroom waar dit baie koud word. Di snou begin Junie. Waar is die regte plek om dit in 'n pot in die tuin uit te plaas. Moet dit vol son of half skaduwee kry?
Herman
waar wil swart varkore i die tuin staan? en watter tipe grond?
Help asb Ek het n witvarkoor die plant is in gerieflike pot die plant het regtig groot blare met die wit spikkels op dit stingels is lank maar die blom het kort stingel met klein wit blom. Is eerste keer dat hy blom nog nuwe plant. Is dit moontlik om te se of dit notmaal is.
Kan wees dat die tipe grond of voeding blaargroei aanwakker. Probeer n gebalanseerde voedsel of vra by die kwekery vir iets wat blomvorming help.
Het ook n probleem gehad in so n mate dat my duur bolle gevrek het. Toe kom ek agter dat miere n nes gemaak ht in die grond aangesien ek klei grond het. Daar is ook n spul wit bolle maar hulle groei normaal. Vir die wat wou weet of aaronskelk en varkoor dieselfde is , hulle is . Die gekleurde varkore gaan dood in die winter , maar die wit soort groei reg deur die jaar.
Ek het gekleurde varkore maar ek sien hulle het almal die jaar wit blomme gemaak wat is die rede daarvoor.Kan iemand net vir my se hoekom dit gebeur het asb
Soms verander hulle van kleur as hulle dormant was. Dit is natuurlik. Dit kan egter ook gebeur dat hulle lig raak as hulle te veel sonlig kry. Dan kan jy hulle skuif na 'n skaduryke deel van jou tuin. Hoop dit help 🙂
Gaan hulle wit bly of gaan hulle weer hulle kleur terug kry.
Ek weet nie of dit moontlik is nie. Ek sou raai hulle gaan wit bly.
Hallo
kan enige iemand my help ek soek n boek oor vark ore .
my e mail adres reservations2@eldoradohotel.co.za
Help Asb
Hi John dis Happy hier,
Hoeveel jeyes fluid per liter water?
hello almal ek het n klomp verskillende kleure Zantedeschia (varkore) het my omtrent n fortuin gekos die plante blom nou maar ek merk dat die blare vol gate gevreet is kan iemand dalk daarmee help. asb
Hallo; watter tipe grond wil die varkore hê?
Ons varkore groei en blom pragtig maar ons het die probleem dat die stamme van die plant knak dan le hulle plat. Het iemand dalk raad?
Kan iemand my dalk se hoekom my varkore se blomme van geel na groen verander is dit dalk te min son want hulle staan onder 80% skadu net.
Hoe hoog moet ek die varkore afsny as hulle klaar geblom het kan ek maar tot teen die grond afsny?
when do they flower
te veel skadu Ek het dit ondervind met n pot waar n gedeelte in in skadu was en groen geword
Vir blare met gate is daar n wurm wat aan die plant vreet. Clivias en Amarillas het die selfde probleem. Soek die wurm om die plant met jou vinger.
Groete
Monica
Waar kan ek die ou geelvarkoor lelie kry
Watter soort kunsmis kan ek gebruik vir my varkore of sal beesmis alleen genoeg wees?
Kan jy asb vir my se hoekom my with varkoor blomme groen geword het, dit staan buite op my stoep maar nie in direkte sonlig nie.
Sny ek varkore af as klaar geblom of het die bolle hul nog nodig vir n doel?
Bly in baie warm Komatipoort. My varkore se blare word al hoe kleiner en wil glad nie blom nie. Semi skadewee a.g.v. hitte hier. Moet ek in water plant en hoe doen ek dit?
Goeiedag dis nou 2 en n half jaar later en ek sit met dieselfde probleem. . .
Het jy dalk enige raad gekry asb? Baie dankie
Groetnis
Lynette
Goeiedag, ek wil ook graag weet aangesien die plante se stam begin knak en lê op die grond. Het jy dalk terugvoer gekry? Groetnis Lynette
Goeiedag, het jy dalk n antwoord op jou vraag gekry? Ek wil ook graag weet of die varkore se blare afgesny kan word. Hulle stamme knak en lê op die grond. Groetnis Lynette
Goeienaand ek het a donkerpers varkoor in a pot geplant is gekoop die plant staan indi huis maar die blomme besig om hul kleur te verloor, besig om wit te raak, wat kan die rede wees.
Kan ek Varkore uithaal en die bolle opdeel en indien moontlik wanneer doen ek dit
As ek bietjie vuur as en beenmeel op my vark ore strooi sal dit help om blare donker groen te maak .Dit blom nou pragtig en is ongaveer900 cm hoog groeteAwie
Ek soek geel en room vark ore asb help en dan ook die lig pienk wat ook 'n groot vark oor is maar dit het nie 'n bal nie dit groei soos 'n gewone blom net wortels myne het verdwyn en Nou kry ek nie weer een nie
Ek soek ook die ou soort geel vark oor hy is soos die wit een gaan nie af nie help asb
Ek sal graag vi my van di gekleure varkore wil kry het al by kwekerye gekyk kry ni is hier dalk niemand wat verkoop of weet van iemand wat verkoop
Moet ek stingels wat plat gaan le, korter sny? Baie geblom maar nou is dit net lang blare wat geel begin word.
My varkore het saad gemaak binne die blom, kan mens dit oes en dan saai of hoe gaan mens te werk om die saad te gebruik?
Ja