Gousblom

Arctotis breviscapa

Daar is verskillende soorte blomme wat die naam gousblom dra. Hierdie spesifieke soort groei wild in Namakwaland en die Suidwes-Kaap.

Met genoeg water sal hierdie plante in enige grond groei. Al wat hulle vra is goeie dreinering en genoeg son.

Hierdie spesifieke gousblomme is ideaal vir grondbedekkings. Plant gousblomme ook in jou groentetuin. Dit beheer grondsiektes. Dit help veral by tamaties, eiervrugte en soetrissies.

Gousblomme beheer ook sekere insekplae in groentetuine.

Voortplanting is deur steggies, verdeling of saad.

Arctotis hirsuta word tot 400 mm hoog en dra wit, geel, oranje of pers blomme.

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

Lewer kommentaar

Leave a Reply