Hibiskusse gee nie om oor watter grond hulle in groei nie, hoewel goeie dreinering en voorbereiding met kompos en beenmeel sal sorg vir ‘n mooier plant.
Hierdie struik / klein boompie word tot 3 meter hoog.
Daar is verskeie blomkleure beskikbaar en die blomme is meesal tweekleurig. Die plant blom in die lente en somer.
Hoewel hulle ‘n sonnige plek verkies sal hulle selfs in halfskadu groei.
(foto Jan Mehlich)


Weet iemand hoe groot word 'n Hibuskus se wortel stelsel. Ek wil dit langs 'n muur plant.
Ek het een gehad wat langs 'n muur gestaan het. Dit het geen probleme veroorsaak nie. Het net gesukkel om hom uit te haal.
ek het n baie groot verskeidenheid van hibuskusse en maak ook stiggies, die grond, kompos, sand en grond gelyke dele… die stiggies groei pragtig en gee die mooiste groen blare en kan sien dat dit wortels gemaak het , maar dan begin die plant verwelk en vrek .. kan nie iets in die grond sien nie, wel erdwurms wat volgens my goed is. ek is al so terleurgesteld, na soveel probeerslae wil ek nou moed opgee, sommiges word wel groot en groei mooi maar ander vrek.