Combretum bracteosum
Die hikranker is van ’n groot genus bome, struike en klimplante wat baie geskik is vir warm, rypvrye tuine. Dit kom natuurlik voor in KwaZulu-Natal en die noordelike dele van die Oos-Kaap.
Dit is ’n immergroen, half-houterige struik wat oor homself klouter en die wêreld vol versprei. Die plant aard ongelukkig net in gematigde en subtropiese kusstreke.
Die hikranker dra oranjerooi blomme in kompakte are wat laat in die lente verskyn.
(foto: Manie van der Schijff)