Dissotis canescens
Die kalwerbossie is inheems aan Suidelike Afrika. Meer spesifiek kom dit voor in Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.
Dié plantjie het harige blare en mooi blomme in skakerings van pers, pienk en wit wat tot 50 mm in deursnee is. Die plant word tot 1,5 meter hoog. Hulle kom gewoonlik voor naby standhoudende water.


Lewer kommentaar