Gethyllis ciliaris
Die koekemakranka is ’n inheemse bolplant. In die winter lyk dit soos graspolle wat uiteindelik sterf voor die roomgeel blomme in die laat lente of somer verskyn. In die herfs dra hulle silindriese eetbare vruggies.
Die koekemakranka groei wild vanaf Namakwaland tot so vêr oos soos Uitenhage. Daar is ook soorte wat in Namibië voorkom.

