In Oolog word stryd, konflik en oorlogvoering op verskeie vlakke ondersoek – nie net met verwysings op ’n nasionale en internasionale skaal nie, maar veral in die beskrywing van intieme, persoonlike ruimtes. Die realiteite van die Kaapse Vlakte word oopgeskryf.
Met sy narratiewe verse, geskryf in verrykende Kaaps, vertel Nathan Trantraal stories wat dikwels met ’n vuishou in die verrassende slotreëls tref. Hierdie gedigte is vindingryk en vreesloos, met donker humor maar nie sonder deernis nie.
Oolog / deur Nathan Trantraal — Kwela, Februarie 2020; sagteband. — ISBN 9780795709517 : R 220.00