Koekemakranka

Gethyllis ciliaris

Daar is nie duidelikheid oor die naam koekemakranka nie. Sommige mense beweer dit is ’n Koisan-naam, terwyl ander meen dit is afgelei van die uitdrukking “goed vir my maagkrampe”, wat een van die gebruike beskryf.

Die plant se klein, roomgeel blomme groei direk uit die grond en dit het geen blare nie. In die reënseisoen groei lang, dun, spiraalagtige blare en ‘n vrug wat soos ‘n klein piesang lyk, uit die grond. Die ryp vrugte ruik soos aarbeie.

Koekemakrankas het voorheen algemeen op die Kaapse Vlakte voorgekom, maar is deesdae baie skaars.

(foto: Robert Jacob Gordon 1743-1795 The Man and his Travels at the Cape deur Patrick Cullinan)

Lewer kommentaar

Leave a Reply