Koraalaalwyn / Vaalblaaraalwyn


Aloe striata

Die koraalaalwyn, ook genoem vaalblaaraalwyn, kom voor in die Suid- en Oos-Kaap.

Soos met meeste aalwyne sal hulle in swak grond groei en met min water klaarkom, maar sal mooi blom in goeie tuingrond.

Die koraalaalwyn word tot 1 meter hoog. Dit blom in die winter en somer.

Aalwyne is staatmakers in potte, want hulle het min water nodig, kan uiterste temperature hanteer en selfs in halfskadu groei.

(foto Michael Wolf)

Lewer kommentaar

Leave a Reply