Malva

Malvas word maklik van steggies gekweek. Gebruik suiers met wortels wat uitgroei. Verwyder dit versigtig en plant in goeie grond.

Malvas verkies ‘n sonnige staanplek en grond wat goed dreineer. Gee baie water tot die plant gevestig is.

Daar is een- en meerjarige plante beskikbaar. Meeste soorte is inheems. Dit draai mooi blomme en gee ‘n heerlike reuk aan die area waar dit groei.

(foto Kurt Stüber)

Sluit aan by die Gesprek

17 Kommentare

  1. My malvas kry 'n wurm wat in die stam ingaan en die nuwe punte of groei vrek daarvan. Wat kan ek spuit.

  2. Dis nie altyd maklik om van die wurms ontslae te raak nie. Kyk vir 'n middel wat BT as 'n bestanddeel aandui. Jy kan ook neem olie probeer, maar dit werk nogal duur uit.

  3. My malvaplant groei baie welig in n blombak maar dit blom nie. Wat kan ek doen om blomvorming aan te wakker? Die blombak staan bedags in die son.

  4. Oorweg om minder water te gee, indien dit 'n plant is wat reeds goed gevestig is.

  5. Dit is ’n biologiese plaagdoder, ’n bakterie wat natuurlik voorkom in die ingewande van sekere wurms, die oppervlakte van blare, waterbronne, dierlike ontlasting en verskeie ander plekke.

  6. As jy wil hê dit moet 'n bos maak, moet jy dit groeipunte afsny as die plant nog jonk is. Wanneer die plant ouer raak kan jy dit goed terusny as dit begin sleg lyk. Andersins kan jy net gereeld die ou hout uitsny. Snoei in die herfs.

  7. My malvas het altyd mooi geblom, maar die afgelope ses maande blom hulle omtrent niks. En ek gee presies dielfde hoeveelheid water as toe hulle goed geblom het. Hulle staan in potte. Is die grond dalk gekompakteer, sodat hulle nie genoeg lug kry nie?

  8. Ek probeer malvas met steggies plant, wat is suiers wat hierbo van gepraat word en presies wat moet dien. Ek kry dit nie gegroei nie.

  9. Ek het myne sommer net afgesny of as ek reg onthou afgebreek(want ek soos ouma gedink lmaa) en altwee groei, hou hulle nat, maar nie swembad water nie. Verander die pot gereeld sooshulle groei

Lewer kommentaar

Leave a Reply