Pelargonium graveolens
Pelargoniums is gegeurde malvas. Daar is verskeie soorte, meer as 50. Hierdie bydrae verwys na die roosmalva.
Malvas kan van steggies of saad gekweek word. Hulle het min vereistes en groei in enige gemiddelde grond. Roosmalvas aard ook goed in ‘n pot.
Die plant word 1 meter plus hoog en dra pienk blommetjies. Die variëteit Pelargonium citriodorum het ‘n sterk suurlemoengeur.