Voordat plante in ‘n hout houer geplant word is dit raadsaam om eers ‘n plastiese voering in te sit om die hout te beskerm.
* Moenie ‘n stukkende kleiblompot weggooi nie. Jy kan die skerwe onder in’n ander pot sit om dreinering te bevorder en om die plant vogtig te hou.
* As ‘n plant te groot geword het vir ‘n pot moet jy dit uithaal, die wortels effens terugsnoei en die plant met vars potgrond plant in ‘n groter pot. ‘n Klein plantjie in ‘n reusepot lyk nie goed nie en al die voedingstowwe word uitgeloog.
* ‘n Potplant wat te veel uitgedroog het kan jy in ‘n emmer water druk. Hou die plant onder die water met pot en al totdat alle lugborrels verdwyn, haal dit uit, laat dit goed dreineer.
* Potplante moet elke drie maande ‘n handvol 3:1:5 kunsmis kry.
* Indien jou plant te groot geword het vir sy pot moet die nuwe pot nie groter as een en ‘n half keer so groot as die oue wees nie. Die plant sal kwyn indien die pot te groot is.

Dankie, baie gehelp