Leucospermum cordifolium
Die struike groei netjies simmetries rond en word tot 1,5 meter hoog.
Die blomme is gewilde uitvoer-blomme. Hulle word tot 100 mm in deursnee in verskillende kleure. In die natuurlike habitat in die Suidwes-Kaap kan die plant blom vir etlike maande in die winter, lente en somer.
