Brassica oleracea
Kool is reg vir enige grond, enige tyd van die jaar en enige plek in die land.
Kool groei nou wel in enige grond, maar dit het baie voeding nodig. Sorg dat jy baie kompos en mis inwerk. Net voor jy die kool plant moet jy ook ’n toediening van 90 g 2:3:2 per m² gee. Wanneer jou jong plantjies ongeveer 10 cm hoog is, kan jy begin met ’n byvoeging van stikstof elke 3 weke.
Kool moet genoeg water kry, maar wanneer die koppe ferm raak kan te veel water veroorsaak dat die koppe bars.
Plant salie naby kool om motte weg te hou.
foto Bill Tarpenning, via Wikimedia


kan u my dalk help my kool se blare lyk of dir krul weet iets is verkeerd maar wat kan ek toe dien vir dit baie dankie lekker dag
Klink soos een of ander suiende plaag wat die sap uitsuig. Probeer Malathion om dit te beheer. As dit myte is moet jy dit met swael bestuif.