Witwortels

Pastinaca sativa

Dit is baie maklik om witwortels te kweek.

Die plante verkies koel groeitoestande en die grond moet tot op ‘n goeie diepte los wees. Die grond moet ook redelik baie sand bevat. Werk 90 g 2:3:2 per m² by. Dit moet omtrent ‘n maand vooraf gedoen word. Verwyder ook alle klippe en onkruid.

Saai die saad direk en hou dit klam.

Dit is nie maklik om witwortels te oes nie. Hulle klou asof hul lewe daarvan afhang. Maak die grond goed nat en lig hulle met ‘n tuinvurk uit.

Lewer kommentaar

Leave a Reply