Allium schoenoprasum
Mens het gereeld grasuie nodig in die kombuis, beide vir smaak of vir garnering. Jy kan selfs die blomme van die gewone grasui in jou disse gebruik, as sierblom of droog vir rangskikkings.
Die maklikste is om met ’n plantjie van ’n betroubare kwekery te begin. Daarna kan jy die polle elke paar jaar verdeel, indien jy meer nodig het.
Grasuie hou van volle son en goeie grond wat met beenmeel verryk is. Die plant raak tot 30 cm hoog.
Wanneer jy dit oes moet jy net die helfte van die pol afknip. Laat so 5 cm oor. Die plant sal dan maklik herstel.
Wenk: Grasuie reageer goed as jy koffiemoer by die grond inwerk.