Molkrieke

Molkrieke (Gryllotalpa africana) kom reg oor Suid-Afrika voor, is bruin van kleur, baie harig, het massiewe voorpote wat vir tonnel ontwerp is net soos gewone tuinmolle.

Molkrieke is altyd ‘n probleem op baie nat grasperke en hul werksaamhede word gewoonlik in die oggend opgemerk waar grondhopies in die grasperk opgemerk kan word. Die omvang van die skade sal gesien word wanneer die grasperk en bruin kolle vertoon en terugsterf.

Molkrieke vreet die wortels van die gras net onder grondoppervlakte op wat die terugsterwing veroorsaak. Behandeling van molkrieke is moeilik aangesien hul neste tot ‘n meter of meer onder die grondoppervlakte is. Molkriek-larwes gaan deur tien larwe stadiums en dit kan tot twee jaar neem om volwassenheid te bereik. Alhoewel daar ‘n reeks gifstowwe beskikbaar is vir molkrieke, is beheer redelik moeilik omdat die spuitmiddel nie diep genoeg in die grond kan gaan om die molkrieke of -neste te bereik nie. Meeste gifstowwe sal in die boonste twee sentimeter van die grasperk insak waar die molkriek hopelik gaan vreet. Ongelukkig sal ander goeie insekte en tuinvriendelike insekte ook in die slag bly, onder andere erdwurms, wat weer sekondêre vergiftiging van voëls tot gevolg kan hê. Dit is ook belangrik om te verhoed dat enige afloop water van die spuitmiddel in visdamme, voëlbakke en hondebakke beland.

Van die suksesvolste behandelings is carbaryl wat uitgestrooi word en in die grasperk ingewas kan word. Die bekendste handelsname is Karbadust en Karbaspray wat by alle Obaro winkels beskikbaar is.

Nog ‘n baie suksesvolle produk is Imidacloprid wat onder die handelsname Merit, Kohinor of Confidor by Obaro takke beskikbaar is. Die produk is ook geregistreer vir meeste suigende tuininsekte soos byvoorbeeld plantluise, dopluise, blaaspootjies, blaarmyners en sekere kewers. Die produk moet glad nie op eetbare produkte soos aarbeie, groente ensovoorts gebruik word nie. Lees altyd die etiket om seker te maak waarvoor die produk geregistreer is en bly by die aanbevole dosis.

Die bogenoemde spuitmiddels is nadelig vir ander insekte in die tuin en kan goeie insekte soos bye, spinnekoppe, hottentotsgotte en erdwurms benadeel.

Die maklikste manier om ‘n grasperk van molkrieke te red is om die grasperk bietjie uit te droog en minder water te gee. In die reënseisoen is dit moeilik, maar indien die tuin op ‘n gerekenariseerde besproeiing stelsel gekoppel is, kan die natmaak siklusse oorgeslaan word. Verminder benatting van grasperke na twee keer per week indien dit nie reën nie en die molkrieke kan dalk besluit om te trek na jou buurman se tuin!

(foto: Bernard Dupont)

Sluit aan by die Gesprek

11 Kommentare

  1. molkrieke vreet alles op wat ek in my groente tuin plant dit lyk soos kolonies
    wat kan ek spuit om hulle uiteroei help ek is moedeloos

  2. Om was poeier te strooi bring effens van n verligting – maar bang ej maak erdwurms dood. Enige raad, wat slegs molkriek dood.

  3. Dis baie moeilik om hulle uit te roei. Ongelukkig is die beste behandeling die chemiese produkte wat in die artikel hier bo genoem word. Probeer die area bietjie uitdroog wanneer dit moontlik raak en dalk trek die spulletjie.

  4. Ek het ook nou die verpestings en is raadop Dankie vir die raad Gaan dit verseker gebruik

  5. Wil ook net sê ons het gladnie natgemaak deur die winter nie en dit is toe al opgemerk

  6. Ek self sit met n probleem van laasjaar af. Deur winter niks nat gemaak nie en sodra doe lente gekom het toe begin hulle weer lawaai. Ekt al pestcontrol hier gehad…ek my hele erf vol omo gegooi en nat gemaak. Die verpeste goed wil net nie vrek nie

  7. Waspoeier redelik sterk opgelos in water afgegooi in elke gat werk soos n bom. Gasse oorweldig hulle en hulle kom dan uit. Ek het meer as n honderd so gevang elke keer.

Lewer kommentaar

Leave a Reply