Gee molle tandpyn deur bolle in ogiesdraadmandjies te pak en dan te plant.
* Gooi Phostoxin in molgate – dis baie giftig – kry besonderhede by jou naaste ko-operasie.
* ‘n Minder giftige opsie vir die beheer van molle is knoffelekstrak en kasterolie wat in die gate geplaas word en weer toegemaak word.
* Die goedkoopste raad teen molle is om die gat effens oop te grou en ‘n ui wat middeldeur gesny is daarin te plaas. Klink eenvoudig, maar dit werk. Nou en dan kom daar weer ‘n mol, maar die verdwyn oornag as die ui daar sit.
* Plant knoffellelies. Dit het ‘n pers blommetjie en ruik na knoffel. Molle hou nie hiervan nie.
* Die goedkoopste raad teen molle is, as jy honde het, moet jy die hondebolle (landmyne) in die molle se gange of gate gooi.
